DVD

DVD-logo
DVD-weergawe- (links) en -opnamemedia (regs) kan maklik onderskei word
Gebiede van die Wêreld volgens DVD-kodes

DVD is 'n formaat vir optiese stoorskywe, wat soos die kompakskyf (CD) uit polikarbonaat bestaan, 'n deursnee van 12 sentimeter en 'n dikte van 1,2 millimeter het. In teenstelling met die CD word dit egter uit twee plate van 0,6 millimeter elk vervaardig, wat die aftasting met 'n laserstraal minder moeilik maak. Die twee kante van 'n DVD-skyf kan albei twee lae met inligting bevat en bied derhalwe 'n stoorkapasiteit wat 25 keer groter kan wees as dié van die CD. Die oordragsnelheid van die DVD is eweneens vertienvoudig.

Aanvanklik staan die afkorting DVD vir Digital Video Disc (Digitale Videoskyf), maar dit word gewysig tot Digital Versatile Disc (Digitale Veelsydige Skyf) nadat die medium ook as lees- en stoormedium vir rekenaars en as medium vir oudio-toepassings bekend gestel word.

Die DVD-standaarde word ontwikkel en beheer deur die DVD-Forum, 'n werkgroep van die vernaamste vervaardigers van harde- en sagteware.

Die formaat DVD-Video is in 1996 op die Japanse en Noord-Amerikaanse markte ingevoer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search